News

Inwoners al meer bekommerd oor agteruitgang van dienslewering

Terwyl riool ons natuurlike waterbronne besoedel, loop ons drinkwater die strate af.

’n Inwoner van OR Tambostraat het videomateriaal gedeel van duisende liters gesuiwerde drinkwater wat die strate afborrel nadat ’n pyp vir die soveelste keer gebars het.

Dr Kobus Terblanche het aan www.mobserver.co.za vertel dat die pyp, wat nog deel is van die ou waterlyn, deur die jare aanhou bars.

Hy sê dat die munisipale werkers vinnig reageer het, maar kan nie verstaan hoekom dit solank vat om die nuwe waterlyn te koppel nie.

“November sal dit drie jaar wees vandat die munisipaliteit die nuwe pype aangelê het. Die infrastruktuur is daar, en staan en verval, hoekom koppel hulle dit nie net nie?”

Dr Terblanche het gespot hoe die massa water, wat in die Klein Olifants ingeloop het, hopelik die riool sal verdun.
Maar wie gaan pa staan vir die waterrekening?

Daar was Maandag vir die hoeveelste keer ook berig oor die rioolbesoedeling wat steeds in ons spruite inloop.

Lees die berig hier: Die stink, die stank en die riool in rivier

Intussen wag Dennesig inwoners al vir jare dat nuwe pype in die buurt gekoppel word. Plastiek waterpype staan al vir meer as drie jaar in inwoners se rylane, sonder dat dit gekoppel word.

Die Steve Tshwete Munisipaliteit het intussen ’n tender toegeken dat die pype nou na al die jare gekoppel kan word, maar die kontrakteur stel die datum van koppeling maand na maand uit. ’n Paar werkers wat gate grawe, word daagliks gesien, maar van koppeling is daar nie sprake nie.

Die datum sou einde Augustus wees en toe Oktober, maar die woonbuurt lyk soos die loopgrawe van die Tweede Wêreldoorlog met geen einde in sig nie. Hope grond en yslike gate lê al vir aande onaangeraak.

Daar is al meer stemme wat uit Middelburg opgaan “dat die dorp ’n tweede Witbank word”.

Video: https://fb.watch/1nP3a6xgIP/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button