News

Kaartjies nog beskikbaar vir Juan Boucher aand

Inwoners moet nie die geleentheid misloop om in die buitelug van die bosveld, ’n gesellige optrede deur die ene Juan Boucher saam met vriende en familie te geniet nie.

Die Go-2 Steakhouse bring vir gaste, ‘n drievoudige bederf waar Carl Borchardt die voorprogram gaan open.
Juan Boucher volg met ’n voorsmaak van sy nuutste album, Gewigloos, wat die aand bekend gestel word.

• Besprekings:

Die aand vind op 30 Oktober, vanaf 17:00, by die Go-2 Steakhouse plaas – oorkant Kranspoort Vakansiedorp se ingang.
Kaartjies kos R150 vir volwassenes en R100 vir kinders (drank en etes uitgesluit).

Hekke open om 16:00.

Carl Borchardt begin vanaf 17:00 sing.

Juan Boucher tree op vanaf 20:00, waarna Carl weer oorneem tot die vroeë oggendure.

Besprekings is noodsaaklik!

Om jou plek vroegtydig te bespreek, stuur ‘n e-pos na go-2@mweb.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button