News

Liewe eiers, dis ’n nes, slange en ’n uil

’n Slangnes met eiers, slange...én ’n uiltjie, het lede van die herpetologiese vereniging besig gehou.

Me. Belinda Kruger sê een van die eerste oproepe was van ’n slangnes met eiers wat oopgekrap is deur ’n likkewaan in die Kranspoort omgewing.

Die sewe eiers is na ’n lid van die herpetologiese vereniging geneem, waar dit sal uitbroei en die kleintjies hervestig word. Dit is onseker watter tipe slangeiers dit is.

’n Likkewaan het ’n slangnes met eiers oopgekrap en sal lede van die Middelburg Herpetologiese Vereniging die eiers met ’n broeikas uitbroei en die slange weer hervestig.

•Op bykans dieselfde tyd is daar ’n rinkhals by Pienaardam Ontspanningsoord gevang.

Vroeg die oggend is ’n pofadder en later die dag ’n groot molslang gevang by die area waar die nuwe hospitaal gebou word. Die molslang het onder die buffer van ’n voertuig ingekruip en mnr. Jan Kruger moes die knewel gaan bevry.

Terwyl hy daar was, het die mense op die perseel vir hom ’n Nonnetjies-uil, wat baie swak was, gegee. Hulle het vir hom vertel dat die uil “net uit die lug uit geval het”.

Die Nonnetjies-uil wat uit die lug uit geval het. Die Birds of Prey Rehabilitasiesentrum gaan kyk of hulle hom gesond kan dokter.

Personeel van die Birds of Prey Rehabilitasiesentrum op Dullstroom het die uil kom haal om te kyk of hulle sy lewe kan red.

• Adj. Stoney Steenkamp (Middelburg Veediefstal en Bedreigde Spesie Eenheid) het verlede week ’n jong sekretarisvoël gered, wat met ’n stuk tou om sy poot aan ’n gewig vasgemaak by ’n tradisionele geneser in Delmas gekry is. Adj. Steenkamp is ook lid van die Middelburg Herpetologiese Vereniging.

Die span van Birds of Prey het alles probeer om die voël te red, maar hulle het vroeg hierdie week laat weet dat hy weens sy ontberinge gevrek het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button