News

Papapavlou moord: Hof beslis vandag of borgaansoek kan voort gaan

Die jong vrou wat hierdie week vir Raymond Papapavlou se moord gearresteer is, sal vandag hoor of haar regsverteenwoordiger kan voortgaan met ’n borgaansoek en of sy vir ’n week in aanhouding sal moet bly.

Patricia Ray-Lee Smith (23) is in Kemptonpark gearresteer en gister amptelik aangekla van sameswering tot moord.

Lees ook: Jong boer (28) op plaas doodgeskiet

Haar prokureur wou dadelik voortgaan met die borgaansoek maar die staat het aangedui dat hulle nog nie gereed is nie en wou hê dat die saak, soos wat die gebruik is as borg teengestaan word, vir sewe dae uitgestel moet word.

Lees ook: Vrou aangekla vir Papapavlou moord

Die hof het die saak van gister tot vandag uitgestel om verdere argumente aan te hoor en te beslis oor die borgaansoek.

Papapavlou is Sondag 4 Oktober in sy bed dood geskiet op ’n plaas in die Rooikraal omgewing. Sy vrou, Simone, het beweer dat sy op die bank voor die televisie aan die slaap geraak het, wakker geskrik het van geweerskote en toe self van die bank af waarskuwingskote geskiet het.

Lees meer oor die Papapavlou moord:

Voorheen skote en moord op Rooikraal

Het Mercedes iets met moord te doen?

Gesoute oud-speurder ondersoek Rooikraal moord

Beloning vir inligting oor Rooikraal moord

Almal wag vir nadoodse verslag

Deurbraak in Papapavlou moord lei tot arrestasie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button