News

Man met stok en sak het dalk honde vergiftig

’n Gesin vermoed hul hond is vergiftig deur ’n man wat ’n stok en ’n sak by hom gedra en teen ’n muur af geloop het.

Mnr. Peter Flood sê hul Jack Russell hondjie, Ruger, moes Saterdagoggend die gif ingekry het. Gelukkig het die hond dadelik begin braak en kon die veearts sy lewe red.

Hulle het die CCTV videomateriaal nagegaan en gesien dat ’n man kort voor sonop teen die muur, aan die agterkant van Roggeveld deur die oop veld in Keiskamma (Aerorand) afgestap het.

Op die videomateriaal kan jy sien dat hy ’n sak en stok dra.

Mnr. Flood vermoed dat die man die gif met die stok oor die muur geslinger het, want die hond het gelê presies teen die muur aan die binnekant vanwaar die man verby geloop het. Hulle het later in die veld ’n bottel met blou vloeistof, wat gewoonlik deur hengelaars gebruik word, gevind.

Mnr. Flood is van mening dat dit moontlik gebruik kon word om die gifsmaak en -reuk te vermom.

VIDEO: https://fb.watch/1vNP-Bj1zX/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button