News

Daar gaan die groen asdrom!

Met die groen asdrom in sy een hand ingehaak en die ander hand op die stuur van sy BMX fiets, het ’n man vanoggend die strate van Middelburg deurkruis.

Die video van die asdromman het al van vroeg vanoggend af die rondte gedoen.

Www.mobserver.co.za is egter meegedeel dat die video nié in Middelburg geneem is nie.

Me. Jacqueline Hough het egter pas bevestig dat sy self die man omstreeks 10:45 in Meyerstraat sien afry het.

“Hy het die asdrom met sy linkerhand vasgehou en met die ander hand sy BMX-fietsie bestuur,” vertel me. Hough. Sy onthou ook dat hy ’n blou oorpak aangehad het.

• Daar is op noodgroepe spottenderwys gesê dat die nuwe asdromstelsel op Middelburg “maar pas begin het en daar word die eerste een gesteel.”

Ons kon egter nog nie bepaal of die asdrom gesteel is en of die persoon net vir hom ’n asdrom gaan haal het nie.

Video: https://fb.watch/1yoSjvfjFI/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button