News

Jarod het deure toegemaak

Johan Gouws (30) is moeg vir dwelms, die strate én koud slaap.

“Ek wil so graag weer iets van my lewe maak. ’n Goeie werk kry, dalk later ’n familie en ’n voorbeeld vir ander wees. Maar eers moet ek hulp kry. Nie net hulp teen die dwelms nie, maar ook sielkundige hulp. Ek kan net nie vergeet hoe my broer dood is nie.”

In 2016 het sy dwelmverslaafde boetie, JP, langs hom op ’n sypaadjie gesterf, nadat hy aangerand en van ’n bakkie afgeval het.

“Eers is my pa tronk toe omdat hy my ma vermoor het. En net daarna is my boetie dood. Dis alles net te veel.”

Lees ook: Residents witnessing heroin addict, Jarod O’Connor, dying on his street corner

Me. Elna Lewis (van Chain Breakers) sê Johan het vir haar by JP se begrafnis, wat sy vir hom gereël het, belowe dat hy ter ere van sy boetie skoon wil kom van die dwelms.

“Ek het met Doreen van Bread of Life gepraat en sy het hom verniet ingevat. Hulle moes hom egter laat gaan omdat hy dagga gebruik het. Hy het sy kans gehad.”

Verlede week adverteer me. Juanita Nolte op Facebook dat sy na hom soek, maar laat weet later dat sy hom gekry het.

Sy vertel dat hulle “Johan jammer kry en hom toelaat om elke tweede Sondag ons karre te was, maar nou raak hy te erg.”
Volgens haar het hy ’n MP3 speler uit hul voertuig gesteel.

Lees ook: Jarod O’Connor finally in rehab after a tearful goodbye from supporters

Verlede week het hy vergeet om hul bakkie se sleutel terug te gee.

“Na ure se gesoek het hy die sleutel oor ons huis se dak kom gooi, dis toe dat ons hom vasvat.”

Me. Nolte sê dat hulle al baie goed vir hom gegee het, maar dat Johan later terugkom en sê dat hy aangerand en beroof is. Maar hy het erken hy verkoop dit vir dwelms.”

Oor sy dwelmpad sê Johan: “Ek het by skole getuig. Ek wil weer so wees. Ek wil weer netjies lyk, ’n ander persoon wees waarna mense kan opkyk.”

Oor die bewerings oor Bread of Life is sy antwoord dat hy al die blaam vir die daggagebruik net op homself gevat het. “Die ander ou wat saam gebruik het, het nog iets en ’n familie gehad om voor te veg. Ek het niks en niemand gehad nie en het gesê dis net ek.”

Hy erken dat hy die MP3 speler gevat het.

Hy is vies vir Jarod O’Connor, wat deur inwoners na ’n rehabilitasiesentrum geneem is, maar gedros het.

Lees ook: Jarod O’Connor signs himself out of rehab to return to the streets

“Jarod het die deure vir mense soos ek wat regtig wil skoon kom, toe gemaak. Ja ek was al by Oorwinnaars, Bread of Life en Hope Corner, maar nou eers is ek regtig reg. Ek is moeg. Ek wil voor begin.”

• Johan is bekend by besighede waar hy voertuie was. “Ek sorg altyd eerste dat ek iets te ete kry, voor ek heroïne koop.”

• Almal sal hom ook onthou as die jong man wat ’n kat by hom gehad het.

“Tiger was my companion, maar hy het nou ’n goeie huis. Hy is gelukkig en ek is bly.”

• Johan is nou daagliks by die Middelburg Mall, waar hy vir los werkies soek, waarna hy opstap na die Springbok kafee in Kanonkop om iets te ete te koop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button