News

Video: Só maklik steel hulle uit jou kar

Inwoners word gewaarsku om waaksaam te wees wanneer hulle in die dorp uit hul motors klim. 

Dit nadat daar sopas weer goedere uit ’n voertuig gesteel is in die Food Lover’s Market arkeerarea in Keiskammastraat.

Volgens die slagoffer, wat nie haar naam genoem wou hê nie, het sy juis seker gemaak dat boewe met afstandbeheerders nie haar motor se sluitsein blok nie, deur die immobilliseerder ’n paar keer te druk.

Met haar terugkeer na die motor moes sy ontdek dat daar ’n peperduur luidspreker uit haar kattebak gesteel is. Die luidspreker, wat aan haar seun behoort, is R10 000 werd. Inkopie pakkies op die agterste sitplek is onaangeraak gelaat.

Kliek hier om die video te sien 

Die vrou sê dat daar voor haar drie mans in ’n silwer Volkswagen Polo gestop het. Toe sy uitklim het een van die mans verby haar motor geloop en byna tot by die winkel se ingang saam met haar geloop voordat hy maak of hy iets vergeet.

Watch: Another way how thieves gain access to your car. Recent video footage taken in Middelburg.

Posted by Middelburg Observer on Wednesday, 4 November 2020

Op die winkel se videomateriaal kan daar gesien word hoe die man ongemerk haar linker agterdeur oopmaak, terwyl sy haar deur toemaak en haar voertuig, ook ’n Volkwagen Polo, sluit. Nadat sy die winkel in is, klim al die man in haar motor in en soek doodrustig vir waardevolle items terwyl ’n sekuriteitswag niksvermoedend in sy rigting kyk.

Dit is eers toe sy uitkom, en na dieselfde voertuig loop waar die man nounet uitgeklim het, wat die wag haar gevra het of dit haar motor is.

“Toe ek vir hom my sleutels wys het hy net sy kop vasgegryp en vir my gesê dat hulle my goed gesteel het. Die mans was so selfversekerd dat die wag aangeneem het dat dit hulle kar is.”

Sy sê dat een van die mans ’n rooi hemp aangehad het. Daar is ’n klag by die polisie gelê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button