Gifstrooiers slaan alweer toe in Dennesig
Hartelose gifstrooiers wat honde voor die voet uitwis om motorfietse te steel of in te breek, het laasnag weer in Dennesig in Amajubastraat toegeslaan.
Mnr, Johan Snyman sê hul honde, Rex (’n boerboel) en Bokkie (’n Chihuahua/Boston terriër kruising) het laasnag erg tekere gegaan en het hulle opgestaan om te kyk wat aangaan. Hulle kon egter niks sien nie en het weer gaan slaap.
Teen vanoggend het Rex reeds gevrek en het Bokkie ook kort daarna gevrek.
Hul ander hondjie, Trixie, het gelukkig nie van die gif gevreet nie.
Gewoonlik vergiftig die booswigte honde in die omgewing van motorfietse. Mnr. Snyman sê hulle het onlangs daar ingetrek en weet hy nie van enige motorfietse in die omgewing nie.
• In die vroeë oggendure van 1 Oktober is 10 honde, waarvan agt gevrek het, in Dennesig vergiftig.
Ses van die honde is in Emily Hobhousestraat vergiftig, drie in Bullerstraat en twee in Colleylaan.
