News

Man sterf nadat stopteken verwyder is

Die werknemer van ’n afleweringsonderneming is gisteraand dood, nadat skrootmetaaldiewe vermoedelik ’n stopstraat verwyder het.

Die ongeluk tussen die afleweringsmotorfiets en ’n motor het gebeur waar Wicht- en Suidstraat kruis.
Die stopteken wat vir die motorfietsryer moes wys om stil te hou, was nie meer op sy plek nie.

Nadat die motor teen die motorfiets gebots het, het dit teen ’n boom vasgery. Die bestuurder is na ’n hospitaal afgevoer.

Die oorledene se naam is nog nie bekend gemaak nie.

Met talle werkloses wat hulle inkomste nou verdien deur afval te herwin, word niks op die dorp ontsien nie. Al hoe meer jong dwelmverslaafdes neem ook deel aan die strooptog waar leë huise besteel word, padtekens word verwyder, munisipale elektriese kabels gesteel, enigiets wat verkoop kan word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button