News

Wollie by berugte huishulp se huis gekry

Wollie die Pekinees wat gister gesteel is by ’n huis in Palmstraat (Kanonkop) is gekry by die berugte vrou wat al talle gesinne besteel het.

Mnr. Chris van der Walt sê hul huishulp, Phindile Motau en haar sussie, Anna, het vir Wollie summier gaan terugvat by Johanna Sambu Ngwenya, wat haarself ook “Emma” noem, se huis in Doornkop.

Die drama het gisteroggend begin toe hulle agtergekom het Wollie is weg.

“Ons vermoed die hondjie is uit die erf uit getel.”

Wollie is veilig tuis!

Die gesin het in die strate begin soek, waarop ’n sakgrawer vir hulle vertel het hulle het die vrou gesien met die hondjie in haar arms.

Sy het gevra wie se hond dit is, waarop sy vertel het dat sy die hond as geskenk gekry het. Die sakgrawer het vir haar gesê sy vertel leuens, waarop sy in die rigting van die Dennesig dammetjies gehardloop het.

Lees ook: Cash reward offered for puppy stolen in Kanonkop

’n Paar mense het mnr. Van der Walt gekontak en gesê waar hulle haar oral gesien het.
Daar is ook intussen foto’s versprei van Ngwenya, aangesien mense haar herken het.

Die laaste inligting wat mnr. Van der Walt gekry het, was dat sy in die rigting van Doornkop geloop het.

Hulle het ook vir Phindile laat weet dat Wollie weg is en die foto van Ngwenya vir haar gestuur.
Sy het dadelik geweet wie dit is.

Sowat ’n uur later het Phindile hulle gebel en gesê sy en Anna het die hondjie by Ngwenya se huis gekry en dat hulle die hondjie kan kom haal.
Mnr. Van der Walt het Doornkop toe gejaag, maar op daardie stadium het dit erg begin reën en die selfoonnetwerke was af.

Phindile Motau het vir Wollie gaan terughaal.

Nadat hy vir ure rondgery en rondgevra het, het hy besluit om maar terug te keer huistoe.

“Ek was pas in Middelburg, toe Phindile van die vulstasie op die Loskopdampad af bel en sê sy is daar en het uiteindelik sein. Ons het laat gistermiddag vir Wollie gaan haal. So ons hondjie is veilig tuis!”

• Mnr. Van der Walt bedank joernalis Jana Boshoff van www.mobserver.co.za wat blitsig vir hom die berig geplaas het op die webtuiste.

“Dankie ook vir die twee ooggetuies wat vir ons die foto’s gestuur het van die dief. En vir al die ander oproepe en boodskappe van ondersteuning van baie vreemde mense vir julle omgee. Ons bedank verder die lede van die sektorpolisie wat in Dennesig gepatrolleer en help soek het. Phindile, baie dankie. Jy is ons held. En as ek iemand gemis het, ekskuus, maar dankie.”

• Verlede week het Ngwenya ook toegeslaan by ’n huis in Bermudastraat Dennesig. Sy het vir werk gevra en dieselfde dag wat sy begin werk het, is twee selfone gesteel.

Lees ook: ‘Johanna’ weer van diefstal beskuldig

Die huiseienaars het haar self vasgetrek en hul selfone teruggekry.

Die familie was geskok toe hulle hoor hoe berug Ngwenya is en dat sy al selfs gearresteer is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button