News

Die verhaal van die Groen Asdrom

Ouers kan na die week vir hulle kinders vertel van die storie oor die Groen Asdrom: Een dag was daar ’n munisipaliteit wat die wêreld ’n beter plek wou maak en het begin met herwinning.

Elkeen moes toe vir hom ’n Groen Asdrom gaan haal. Vir maande het Asdrom wegkruipertjie gespeel.

Na vyf maande moes hulle Asdrom op die sypaadjie neersit. Maar eers moes Asdrom ’n naam kry. Party ouens het die name by OH Frewin laat druk, ander het dit opgespuit.

Nou lyk Asdrom soos die eenoog groen monster. Besmeer, plaas van geverf.

Asdrom het die eerste oggend met ’n lied in sy hart gewag, dat sy maag leeggemaak word. Die volgende oomblik is hy met die spoed van witlig van sy voete geruk. Asdrom wou nog keer. Dit was te laat! Hy is die strate afgesleep, al agter ’n fiets aan, na wie weet waar.

Lees ook: Daar gaan die groen asdrom!

Inwoners wat dit gesien het, het uitgeroep: “Ons het julle mos gesê dit gaan gebeur!”.

Niemand wou die storie van Groen Monster glo nie. Gelukkig was Danie Vermeulen op sy pos.

Hy was Woensdag op pad na Steelpoort vir ’n vergadering, toe hy sien daar gaan Asdrom af in Koetsstraat. Die man op sy fiets wat Asdrom agter hom aangesleep het, het nog geglimlag. Hy is af in Meyerstraat en het opgedraai in Bhimy Damanestraat.

“Ek het net die video geneem omdat dit so snaaks gelyk het,” sê Danie. Om nie laat te kom vir die vergadering nie, moes hy toekyk hoe Asdrom die verte in verdwyn.

Hy het nie ’n adres of nommer op Asdrom gesien nie, net ’n Steve Tshwete Munisipale kenteken. Nou wonder almal steeds: Wie se Asdrom is dit, wie is die man op die fiets en waarheen was hy op pad?

En die verhaal van Groen Asdrom en die man op die fiets leef voort…

Video: https://fb.watch/1yoSjvfjFI/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button