News

Papapavlou moord: Smith borg geweier

Die hof het nounet beslis dat Patrica Ray-Lee Smith vir eers agter tralies sal moet bly.

Smith het is twee weke gelede in Johannseburg gearresteer op aanklagte van sameswering tot moord en moord, nadat die staat haar as verdagte in die moord van Raymond Papapavlou geïdentifiseer het.

Papapavlou is op 4 Oktober in sy bed op ’n plaas in die Rooikraalomgewing doodgeskiet.

Lees ook: Polisieman getuig daar word gesoek na Simoné Papapavlou

Sy vrou, Simoné, word op die klagstaat genoem as medepligtige. Sy is egter nog op vrye voet nadat die ondersoekbeampte vandag aan die hof gesê het dat hulle nie weet waar sy haar tans bevind nie.

Raymond en Simoné Papapavlou. Foto: Facebook

Smith word volgens die staat deur selfoonrekords met die moord verbind. Die verdediging voer aan dat sy onskuldig by die saak betrek word en dat ander faktore, soos ’n getuie wat haar kwaadgesind is en haar foon wat gesteel is, genoem as redes hoekom die staat nie ’n sterk saak teen haar het nie.

Die hof het beslis dat Smith borg geweier word weens die erns van die sake teen haar. Sy sal weer op 2 Desember in die hof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button