News

Weerlig slaan boom en huis raak

’n Geweldige weerligstraal het kort na 13:00 ’n reuse palmboom en huis in Coalstraat, Mineralia getref, die boom aan die brand gesteek en al die elektriese kabels beskadig.

“Die Here was goed vir ons, want my ma en seuntjie het niks oorgekom nie,” het ’n nog geskokte me. Cornea Badenhorst pas gesê.

Sy was nog in die dorp, toe ’n lid van die gemeenskapspolisiëringsforum haar bel en sê die reuse palmboom by hul swembad brand. Van die bure het na hul huis gehardloop en haar ma, Cora Janse van Rensburg, wat in die woonstel bly, gevra om oop te maak, sodat hulle met ’n tuinslang die brandende boom kan blus.

Met me. Badenhorst se aankoms by haar huis, het sy die totale omvang van die skade gesien.

Die weerlig het die boom getref en dit aan die brand gesteek. Die straal het ook die kragboks raakgeslaan en is dwarsdeur die huis en woonstel waar alle elektriese artikels beskadig.

Die straal is uit by hul dag en nag skakelaar van die hekmotor en die ligte by die hek, waar die ligte bykans heeltemal afgeslaan is. Weens die hitte van die brandende boom het twee vensters gebars en agt ander vensters is gebreek toe van die brandende palmtakke dit getref het.

Me. Badenhorst sê dat haar seuntjie en ma getraumatiseer is deur die geweldige slag van die weerlig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button