News

‘Oog’ in die lug teen misdaad is terug!

Ons dorp en sy plase se oog in die lug is terug met die terugkeer van die vastevlerk Bantam mikroligte vliegtuig!

Dié vliegtuig is ’n paar jaar gelede deur die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) aangekoop en aan die polisie geskenk om te gebruik vir misdaadvoorkoming. Die polisie moes net self die vliegtuig in stand hou.

Me. Ena Pilodia (voorsitter, GPF) sê hulle het op ’n stadium agtergekom die vastevlerk mikroligte vliegtuig word nie meer gebruik nie en sy het geveg daarvoor om dit terug te bring vir misdaadvoorkoming.

Les Carlisle, ’n vlieënier van Nelspruit, het die Bantam B22J Vastevlerk Mikroligte vliegtuig ingevlieg vanaf Nelspruit.

“Ek het op ’n stadium tot verteenwoordigers van die nasionale lugvaart hier gehad oor die kwessie.”

En nou is hy terug en sal die GPF self die vliegtuig gebruik vir misdaadvoorkoming, veral oor plase.

“Daar was destyds goeie resultate met hierdie oog in die lug,” sê me. Pilodia.

Plaaslike vlieëniers sal gebruik word. Besigheidslui of persone wat bydraes wil lewer vir die versekering, brandstof, dienste en hernuwing van die lisensie, kan me. Pilodia bel by 082 415 8029.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button