Chroomdiewe en polisie bots
Chroomdiefstal is besig om ’n toenemende probleem te word met ’n onlangse konfrontasie tussen polisie en vermeende diewe wat dui hoe arrogant diefstalsindikate word.
Daar was verlede Woensdagmiddag ‘n voorval waar bystand ingeroep moes word nadat daar konflik tussen polisielede en chroomdiewe in die Broodsnyersplaas omgewing was.
Volgens inligting wag die diewe treine in by ’n stil stasie. Sodra die trein tot stilstand kom spring hulle op die trokke en begin die onverwerkte chroom afgooi. Dit word dan weer later deur trokke en bakkies opgelaai.
Niemand is seker presies waarheen die onverwerkte chroom gaan of wat boewe daarmee doen nie. ’n Bron het gesê dat daar êrens ’n smeltery moet wees waarheen die chroom gaan om verwerk te word.
Drie trokke wat chroom vervoer het is in 2017 naby Middelburg afgetrek met vervalsde papierwerk maar onverklaarbaar kort daarna weer laat gaan. Daar is destyds vermoed dat die chroom na Mosambiek gesmokkel word.
