News

Diewe steel boer se trekker

Diewe het Sondag in die vroeë oggendure ’n trekker en spuit gesteel en in bosse versteek, maar nie rekening gehou met die goeie speurvernuf van ’n reaksie-offisier van Mid-Alarms nie.

Reaksie-offisier CP Kotze is vroeg uit na mnr. Graham Walsh se plaas op die Stoffbergpad nadat hulle Mid Alarms laat weet het dat die trekker en spuit gesteel is.

Mnr. Graham Walsh was baie dankbaar dat sy trekker en spuit terug gekry is.

Mnr. Kotze sê volgens die spore wat hulle gevolg het, het een bakkie voor die trekker gery en ’n ander bakkie agter die trekker. Sowat 25km vanaf die plaas, is die Ford Trekker en spuit, sowat 25km vanaf die plaas, versteek tussen bosse reg langs die Stoffberpad gevind.

Buiten die trekker se battery, asook ’n ander trekkerbattery wat uit die stoor uit gesteel is, word niks anders vermis nie.

Die vermoede bestaan dat die booswigte die aand wou terugkeer om die trekker te kom haal.

• Die waarde van die trekker en spuit is sowat R320 000 en mnr. Walsh het mnr. Kotze en Mid Alarms bedank vir hul goeie ondersoekwerk om dit vir hom te vind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button