News
‘Meneer, haal daai biefstuk uit jou broek!’
‘Meneer, haal daardie biefstuk voor uit jou broek uit!” het die personeel van OK Grocer waarskynlik vir ’n jong dief gesê wat biefstuk gesteel, voor by sy broek ingedruk en daarmee probeer wegkom het.
Dit is dieselfde jong man wat Maandag as “Braam Viljoen” in die hof verskyn het na ’n diefstal by Hinterland.
Braam Viljoen is eintlik Bruce Sean Turvey wat al jare vir die polisie jok as hy vasgetrek word.
Www.mobserver.co.za het die polisie daarop gewys dat Turvey vir hulle ’n verkeerde naam gegee het, deur ’n afskrif van sy identiteitsdokument vir die polisie te kry.
By nadere ondersoek het dit nou aan die lig gekom dat Turvey sedert 2016 nou al ten minste nege keer ’n ander naam vir die polisie gegee het wanneer hy gearresteer word.
Hy was nou al Johan Botha, natuurlik Braam Viljoen en ’n keer of wat selfs Steven Kruger.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
