News

Twee ingangspaaie na Middelburg geblok

Beide die Van Dijksdriftpad sowel as die Bethalpad uit Middelburg is vroegoggend (Donderdag) deur trokke en taxis geblok, een van die paaie is intussen weer oopgemaak.

Inwoners op die Bethalpad sê dat daar teen 05:45 twee trokke was wat oor die pad getrek is maar dat daar teen 07:00 heelwat meer voertuie was wat die pad geblok het. Toegang tot die hoofweg word ook in die proses geblok.

Inwoners op die Van Dijksdriftpad woon wat hul kinders wou skool toe bring het laat weet dat die Van Dijksdriftpad self geblok word en dat daar nog ‘n blokkade op die Keiskammapad net voor die Mandelarylaan was.

•Teen 07:58 het ’n inwoner laat weet dat hy nie kon deurkom op die Bethalpad nie.

•Teen 08:08 is daar laat weet dat die Van Dijksdriftpad oop is.

Motoriste word gewaarsku dat die situasie enige tyd kan verander.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button