News

Bejaarde boer wag oor vier ure om dokter te sien

Die bejaarde plaasbestuurder wie geweldig aangerand is tydens ‘n plaasaanval vroeg vanoggend, moes nie net wag vir ‘n ambulans nadat die polisie versuim het om op te daag nie, maar moes boonop nog oor die vier ure wag om ‘n dokter te sien by die Middelburg Provinsiale Hospitaal.

Mnr Dirkie Buys is ongeveer 12:00 eers hospitaal toe geneem nadat hy in die vroeë oggend ure aangerand was deur vier aanvallers.

‘n Familielid, mnr Wiekus Lusse, het vertel dat ‘n dokter uiteindelik sy oom gesien het, teen 15:30 vanmiddag.

Mnr Buys wag tans vir x-strale nadat die dokter vermoed dat van sy ribbes en ook sy arm moontlik gebreek is.

Lees ook: Bejaarde boer vasgebin en aangerand tydens plaasaanval

“Hulle het ook bloed getrek om te kyk of daar enige inwendige bloeding is” het Wiekus aan www.mobserver.co.za vertel.

Wiekus en sy vrou Marinda, doen ‘n beroep op die publiek of  plaaslike dokters, vir bystand, om aan mnr Buys private mediese hulp te verleen.

Mnr Buys is nie ‘n lid van ‘n mediese skema nie, en kan ook nie die tariewe van ‘n privaat praktisyn bekostig nie.

Enige iemand wat finansieël wil bydra of hulp aan mnr Buys kan verleen word versoek om vir Wiekus Lusse te kontak by 073 626 4165.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button