News
Corpus Christi Kersmark begin
Corpus Christi se jaarlikse Kersmark het vandag begin en inwoners kan nie bekostig om dit te mis nie!

Die mark is vanaf vandag (23 November) tot Saterdag (28 November) daagliks vanaf 09:00-20:00 oop.
Van vars gebak tot klerasie, koffie, leerartikels, handsakke en selfs juwele is van die artikels wat te koop is.
Kaartfasiliteite is beskikbaar.
Toegang is gratis en almal word daaraan herinner om hul maskers volgens die Covid-19 reëls saam te bring.
Video: https://fb.watch/1XtCcICu8A/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
