News

Seun skuldig bevind vir wrede aanval op Roossenekal vroue

Die man wat verantwoordelik was vir ’n wrede plaasaanval in die Roossenekal omgewing is vandag skuldig bevind in die Groblersdal Streekhof.

Gina Otto en haar vriendin, Moeka Gravina, is op 24 Augustus oorval en aangehou. Hulle is vir ure gemartel en later langs die Lydenburgpad vir dood agter gelaat.

Me. Otto is tydens ’n soektog gevind en daar is gevrees dat me. Gravina dood is, omdat sy nie opgespoor kon word nie. Sy is die volgende dag deur twee polisielede opgespoor en toe per helikopter na Middelburg gehaas vir mediese behandeling.

Seun Mthimunye is skuldig bevind vir die aanval op die twee vroue.

Die vroue het later vertel hoe me. Otto gedreig is dat sy nie moet teruggaan plaas toe nie, omdat iemand haar dan beslis sou kom doodmaak.

Daar is destyds berig hoe die aanvallers in Lydenburg prostitute opgelaai het voordat hulle in ’n skietgeveg met die polisie betrokke was. Een van die aanvallers is dood geskiet terwyl Mthimunye daarin geslaag het om te vlug.

Moeka Gravina kort nadat sy gered is.

Oud speurder Sakkie Louwrens was destyds by die ondersoek en die soektog na Mthimunye betrokke. Mthimunye is uiteindelik gearresteer wat gelei het tot sy skuldigbevinding in die hof hierdie week.

Hy sal in Januarie gevonnis word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button