News

Vlooimark, ou karre en motorfietse by Middelburg DBV

Dit gaan die Saterdag ’n miernes van bedrywighede wees by die Middelburg Dierebeskermingsvereniging met ’n reuse vlooimark, veterane voertuie en selfs motorfietse wat te sien sal wees.

Vanjaar se vlooimark by die DBV is die grootste ooit! Op die spyskaart by die verskillende eetgoed-stalletjies is daar van ‘pofadder’ tot ‘skilpadjies’, pap en kaiings, breyani, biltong en selfs prego-rolle.

As jy nog nie Kersgeskenke gekoop het nie, is dit die plek om te wees met speelgoed, blomme, kuns en selfs ’n Wit Olifanttafel.
Daar is selfs aan die kleingoed gedink, met die gewilde drom-treintjie wat hulle sal rondkarwei en ’n springkasteel.

Die honde-karaktertjie van “Paw Patrol” sal ook daar wees om die kinders van nader te leer ken.

Victor Henning sal ook met sy veteraan voertuig, ’n 1948 Austin A40 daar wees.

• Die vlooimark word om 08:00 gepas geopen deur past. Callie Joubert. Daarna vertrek al die lede van Wheel/Race Fanatix met veteraan en ander unieke voertuie, asook motorfietsryers saam met die personeel van die Middelburg DBV op ’n rit deur die dorp.

’n DKW-bakkie sal die “Paw Patrol” honde-karakter agterop die bak vervoer, sodat almal hom kan sien.

Met hul terugkeer sal die lede van Wheel/Race Fanatix nog saam met Middelburgers kuier tussen die talle stalletjies, waarna hulle omstreeks 11:00 vertrek na Go2 vir hul jaarafsluiting, waar elke familie vir sy eie eet- en drinkgoed betaal. Lede moet onthou om ’n R60 geskenk (te doen met karre) saam te bring.

• Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens is ook by die vlooimark te sien en vra dat persone bloed sal skenk om hul voorraad aan te vul vir die komende Kersseisoen.

• Gedurende die dag kan mense hul diere bring om toegerus te word met mikroskyfies teen R200 ’n mikroskyfie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button