News

Berugte ‘Rasta’ van poging tot moord aangekla

Dit was net ’n kwessie van tyd voor die berugte “Rasta”, soos hy bekend is, iemand sou probeer doodmaak.

Die hawelose man het ’n reputasie vir sy aggressiewe uitbarstings teenoor motoriste en voetgangers.

Hy is Saterdag aangekeer deur reaksielede van CSC Tactical, en oorhandig aan die polisie, nadat hy na bewering ’n pa en dogter met ’n mes gesteek het.

Die Spies gesin, was Saterdag besig om te hengel langs die Klein Olifantsrivier, agter die Eastdene Sportkompleks, toe hy deur die palisades van die gronde geklim het.

Die gesin het ’n klein hondjie by hulle gehad wat begin blaf het, en toe Morné Spies (45) weer sien, het die hawelose sy hond gewelddadig begin skop.

Morné het opgespring om hom te keer, toe die man ’n mes uitpluk, en na sy gesig begin steek. Die mes het sy lip gesny, en hy moes die aanval met sy voorarm keer, waar hy ’n diep steekwond tot teen die been opgedoen het.

Lees ook: Two stabbed during fishing outing in Eastdene

In die aanval, het Morné se vrou, Yolanda, en 22-jarige dogter, Venessa, probeer help.

Morné vertel dat hy ’n polisie knuppel aan hom dra, wat hy gebruik het om die hawelose af te weer.

Die aanvaller het grond toe geval, waarna Venessa op die mes getrap het, maar die hawelose het haar afgestamp en in die maag gesteek.

Yolanda het dadelik vir hulp geroep op noodgroepe, maar die aanvaller, wat geïdentifiseer is as die aggressiewe Rasta, het intussen gevlug. Hy is uiteindelik in Zuidstraat vasgekeer.

Morné en Vanessa is hospitaal toe vir behandeling, waar die dokters vir hulle gesê het dat Venessa baie gelukkig was om die aanval te oorleef.
Die mes het skyns ingegaan, as hy reguit ingesteek is,sou dit haar lewer getref het.

Hulle is behandel en sterk tans aan by die huis.

•Volgens die polisie mediawoordvoerder, kapt. Khanyisile Zwane, het Simon Mukua (29) in die hof verskyn op twee klagtes van poging tot moord.
Hy is nog in aanhouding.

•Rasta (Mokua) het vroeër die jaar ’n bejaarde motoris met ’n graaf bygedam, terwyl sy by ’n verkeerslig gewag het.

•Joey Matias het ook ’n voorval aangemeld, waar hy in Juliemaand haar Toyota Fortuner twee keer met ’n graaf geslaan het.

•Hy het polisielede met bakstene aangerand tydens ’n vorige arrestasie.

•Hy is ook beskuldig dat hy klippe en dooie diere na karre geslinger het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button