News

Man vermoor op gasteplaas naby Tonteldoos

Die ondersoek duur voort.

‘n Man is dood geskiet in ‘n selfsorg rondawel op ‘n plaas naby Tonteldoos, waar hy en sy vrou die naweek sou vakansie hou.

Volgens inligting is mnr. Len Pretorius omstreeks 20:30 deur ‘n venster geskiet nadat iemand daaraan geklop het, en hy die gordyne weggetrek het.

Hy het drie mans buite gewaar en ‘n tas na hulle geswaai, waarna ‘n skoot  op hom afgevuur is.

Die moordenaars het daarna die rondawel geplunder.

Mnr. Joubert se vrou Joey, is tydens die aanval oor die kop geslaan.

Die mans het op geld en wapens aangedring voordat hulle te voet gevlug het.

Dit is nie op hierdie stadium duidelik wat gesteel is nie.

Polisie, verskeie veiligheidsgroepe en boere is deur die nag uit na die toneel.

Die ondersoek en soektog na die moordenaars duur voort.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button