News

Die natuur se wonders

Die natuur is vol wonders en met die begin van die reënseisoen, is hy stelselmatig besig om sy skoonheid uit te stal.

Dit is ’n skande dat mens jare lank op een planeet, en in een omgewing kan woon, en die wonders van die natuur miskyk.

Geniet ons videomateriaal, van hoe sade van die tambotieboom spring in die hitte van die oggendson in die Loskopdam omgewing.

•Die sade kry lewe soos springmieliepitte, wat wakker raak in ’n warm pan.

Dis as gevolg van die grysmotjielarwa wat binne die saad gehuisves word. As die saad warm raak in die son, is dit die skielike en sporadiese sametrekkings van die larwa se liggaam, wat die sade laat spring.

•Inwoners moet ook nie die geleentheid misloop, om die skouspelagtige planetêre vertoning op 21 Desember waar te neem nie.

Jupiter en Saternus sal in daai tydperk met mekaar belyn.

Volgens plaaslike sterrekenner, Ernst Marais, is die twee planete werklik ver van mekaar af, maar vir die blote oog lyk hulle na een.

Dis ’n gulde geleentheid vir fotograwe om die twee planete in een skoot te kan afneem met die gebruik van ’n zoomlens.

Hierdie skouspel is die eerste van sy soort in oor 400 jaar, en kan op die westelike horison gesien word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button