Papapavlou moordverdagte kry borg
Die jong vrou wat verdink word van die moord op Raymond Papapavlou het Vrydag borg gekry.
Patricia Ray-Lee Smith is in Oktober gearresteer vir die moord van Papapavlou. Die Groblersdal landdroshof het haar borg geweier, waarna sy haar na die Hooggeregshof in Polokwane gewend het. Borgtog van R5 000 is Vrydag toegestaan.
Smith word deur die staat van moord en sameswering tot moord aangekla. Die staat beweer dat Smith, tesame met Papapavlou se vrou Simone, die moord beplan het.
Lees ook: Papapavlou moord: Smith borg geweier
Papapavlou is Sondag 4 Oktober dood in sy bed aangetref met verskeie skietwonde. Sy vrou het destyds aangevoer dat sy wakker geskrik het van skote en toe haar eie waarskuwingskote afgevuur het.
Alhoewel Simone se naam op die klagstaat genoem word is sy steeds nie formeel aangekla nie.
