Vrou sien hoe man video neem van mense in Mall
’n Vrou het omstreeks 13:00 vandag gesien hoe ’n man videos neem van persone wat verby hom loop in die Middelburg Mall.
Die vrou (wat verkies om anoniem te bly) sê sy en haar agttienjarige dogter het in die Mall geloop om inkopies te doen. Hulle het dadelik die man op die bankie voor Mr Price opgemerk wat met sy selfoon foto’s of videos neem. Hy het sy kamera ook in hul rigting gemik. Sy was dadelik omgekrap en het na hom toe gestap, waarop sy gesien het dat hy besig is om ’n video te neem. “Ek het hom gekonfronteer en hom gevra waarom neem hy videos van die mense, waarop sy antwoord eenvoudig, ‘No reason’ was!” Omgekrap het die vrou die Middelburg Mall se bestuurskantoor gebel, maar toe sy omdraai, was hy skoonveld. • Mnr. Mike Tammadge (Middelburg Mall bestuurder) het die vrou bedank vir haar oplettendheid en gemeld dat dit onwettig is om enigiemand sonder sy toestemming op dié manier af te neem. Hy het dit duidelik gestel dat hul sekuriteitspan op ’n hoë gereedheidsvlak is en as enigiemand ook die verdagte opmerk, om hul sekuriteitswagte dadelik in kennis te stel. • Uit vrees vir haar lewe wou die vrou nie te naby gaan aan die persoon nie en het net van ’n afstand af ’n foto van die verdagte geneem. Sy onthou dat hy baie groot van bou was.
