Nuusflits: bekende gesin in verkragting bekend gemaak
In hierdie nuusflits word die naam van die bekende man, wie se dogter deur haar eie halfbroer verkrag is, bekend gemaak!
Kokkie Smith vertel in hierdie tweede uitgawe van die slagoffer, die vrou wat in die steek gelaat is, nie net deur haar broer nie, maar ook haar pa, wat een van die bekendste name is wat ons almal ken.
Hy lig in die video uit dat die slagoffer jou suster, jou skoonsuster, jou vriendin of selfs jou kollega is.
Hoe almal haar in die steek laat en dat sy in haar smaad altyd die slagoffer bly, omdat almal stilbly of net eenvoudig nie wil help of betrokke wil raak nie.
Hulp aan slagoffers is nie net haar familie se verantwoordelikheid nie, dit begin by jou en loop deur tot by die regering wat die wet moet toepas.
Gaan jy die persoon wees wat vir haar hoop bring, of na die 16 dae van aktivisme net weer van haar vergeet? Toelaat dat sy mishandel word deur ’n narsis en deel word van ’n stelsel wat die skuldige beskerm.
