News

Papapavlou moordverdagte vlugtig in hof

Die 23-jarige vrou wat vir die moord van ’n plaasbestuurder op Rooikraal aangekla word, het vlugtig in die Groblersdalhof verskyn.

Patricia Ray-Lee Smith is in Oktober gearresteer. Sy word beskuldig dat sy ’n aandeel gehad het in die moord van Raymond Papapavlou op Sondag 4 Oktober.

Papapavlou is in sy bed doodgeskiet. Sy vrou, Simone, het beweer dat daar iemand anders in die huis was ten tye van die moord en dat sy waarskuwingskote afgevuur het nadat sy voor die televisie wakker geskrik het van skote.

Lees ook: Papapavlou moordverdagte kry borg

Simone se naam word op die klagstaat genoem, waar die staat beweer dat sy en Smith saam aan Papapavlou se moord beplan het. Sy is egter nie formeel aangekla vir die moord nie.

Smith is sedert haar inhegtenisname in aanhouding en is eers op Vrydag 27 November op borg van R5 000 vrygelaat, nadat sy haar tot die Hooggeregshof in Polokwane gewend het.

Sy is voorheen borg geweier in die Groblersdal Landdroshof.

Haar verskyning vanoggend was bloot ’n formaliteit om die saak vir verdere ondersoek tot Januarie uit te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button