News
Video: Hemele maak sluise oop – 100mm val op plaas buite Middelburg
Water het dwarsdeur ’n woonstel gestroom na ’n wolkbreuk gistermiddag op ’n plaas net buite Middelburg op die Stoffbergpad.
Me. Brenda van Wyk sê die storm het, soos in Middelburg dorp, kort na 16:00 losgebars. In ’n kort tydjie het dit sowat 100mm gereën en die water het by haar eetkamerdeur begin instroom, omdat dit nie vinnig genoeg kon wegvloei nie.

By haar seun se woonstel, het die water egter soos ’n rivier dwarsdeur die woonstel gestroom. “Die water het by die voordeur ingestroom en weer by die agterdeur uit.”

Omdat die huis en woonstel teëlvloere het, is geen skade met die stroom water opgedoen nie. • Daar het ook fyn hael soos ’n sneeukombers om die huis gelê.
Kliek hier om na die video te kyk.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
