Leer ken die narsis, wat almal manipuleer
Herken jy die manipuleerder wat alles verdraai dat hy die kamtige slagoffer is?
In hierdie episode lig Kokkie Smit die tipiese tekens uit van ’n narsis. Daardie persoon wat depressief raak as hy nie sy sin kry nie. Hy manipuleer alles wat vir hom gesê word, só dat dit net is soos hy dit wil hê. As daar ’n beter uitweg is, ignoreer hy dit en draai dit om hom te pas. Wanneer hy iemand te na gekom het, soos om sy vrou aan te rand, is hy skielik die slagoffer! Die persoon het ’n sieklike jaloesie en glo almal is jaloers op hom. Dit is vir hom lekker om die mense die naaste aan hom, gewoonlik sy vrou en kinders, te verneder en te verkleineer. En dan die hartseerste van die hele situasie, die werklike slagoffers gee om vir die narsis en wil hom eintlik nog steeds help.
