News

Gifgooiers maai agt honde af

Agt honde, waaronder vier klein hondjies, is gisteroggend in die vroeë oggendure by ’n huis in Oosthuyzenstraat (Clubville, Middelburg) afgemaai en ’n bakkie gesteel.

Me. Marlize Appelgryn sê die honde het omstreeks 03:00 erg tekere gegaan en het sy by die venster uitgeloer. Sy kon niks sien nie en aangeneem dat dit weer die katte in die omgewing is, wat die honde pla.

Kort daarna was al die honde stil.

Die oomblik toe hulle egter buite kom, omstreeks 05:30, het daar ’n groot skok op hulle gewag.

“Die honde het gestrooi in die erf gelê en my seun se bakkie was weg. Hulle het tot die kettings en slotte, wat hulle afgebreek het om by die bakkie uit te kom, saamgevat.”

Me. Marlize Appelgryn met klein Johannay Appelgryn op haar skoot en “Babatjie”, die boerboel. Die boerboel is die enigste van nege honde wat nie vergiftig is nie. Hy was in die binnehof tydens die vergiftigings.

Net Babatjie, hul dowe swart boerboel, wat in die binnehof geslaap het, het nie gif ingekry nie. Al agt die ander honde, Sasha, Buddy, Bruce en Liefie, asook vier babahondjies, het egter gevrek.

• Dit is ’n wit 1400 Datsun bakkie (met ’n kappie), wat lyk soos die Champ Datsun bakkies. Die registrasienommer is BGN 865 MP.

Die bakkie kan uitgeken word aan die volgende: die agterste ruit van die kappie is uit, daar is agterop ’n geel plakker, daar is ’n stampplek regs op die voertuig en die wiele lyk verskillend.

Die bakkie se registrasienommer.

As enige persoon die bakkie opmerk, bel mnr. Appelgryn by 063 711 3479.

• Op 20 November is die Jordaan gesin se honde in Eeufeesstraat (Clubville) vergiftig.

Drie van hul honde, ’n skaaphond en twee Jack Russells het in die erf gevrek. Hul vierde hondjie, Tibby (Jack Russell) het net verdwyn en hulle het ’n R1 000 beloning aangebied vir enige inligting wat sou lei tot die terugvind van die hond.

Hulle het intussen verneem dat iemand in die omgewing ’n dooie hondjie in hul erf gekry en die hond begrawe het. Hulle vermoed dit is hulle hondjie.

Tibby die Jack Russel het twee weke gelede verdwyn op dieselfde dag wat aldrie haar ander hondemaatjies vergiftig is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button