News
Vlakvark ‘besoek’ die Middelburg Observer
Die Middelburg Observer maak vir ’n slag haar eie voorblaaie nadat ’n jong vlakvark soggie skuiling kom soek het teen die verskriklikke reën in die drukfabriek.
Die jong sog het haarself gemaklik gemaak tussen die masjiene, terwyl daar gewag was vir bystand om die varkie te vang.

Ubhetyan-O-Afrika eienaar, Deon Cornelius, wie toevallig in die area was, het hulp verleen waar hy en sy regterhandman, Norman Mangwana die varkie in ’n hok kon vaskeer.
Mnr. Cornelius het verseker dat hy die soggie sal behandel vir enige skraapwonde en haar daarna sal loslaat in die omgewing, waarvandaan sy kom.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
