News

Knoesen se medebeskuldigdes gevonnis

Twee mans wat saam met Harry Knoesen gearresteer is in verband met terrorisme aanklagtes, is vandag in die Middelburghof gevonnis.

Eric en Erol Abrams het saam met Knoesen agter tralies beland nadat hulle verbind is met ’n komplot om verskeie aanvalle op polisiestasies en ander punte, sowel as teen ‘n spesifieke rassegroep, uit te voer. Knoesen ontken die klagtes teen hom en sal volgende jaar in die Hooggeregshof verskyn. Lees ook: Knoesen aangekla van terrorisme vir oproepe van burgeroorlog en staatsgreep Die Abrams broers is vandag tot ’n effektiewe agt jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is op ses klagtes. Hulle het 15 jaar tronkstraf, waarvan sewe jaar opgeskort is, gevonnis vir die beplanning en voorbereiding van terrorisme dade, en vyf jaar tronkstraf elk op klagtes van finansiering van terrorisme, onwettige besit van ’n verbode vuurwapen, onwettige besit van ’n vuurwapen, onwettige besit van ammunisie. • Knoesen is verlede jaar in November gearresteer en die Abrams broers en ’n vrou, Riana Heymans, ’n paar dae later. Die klagtes teen Heymans is egter later teruggetrek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button