Uitkyk Geloftefees
• Dinsdag, 15 Desember:
13:00 – Opsaal van perde en kamp opslaan. Gratis kampplek met kragpunte en badkamer.
14:00 – Perde/boeresport. Beginner en ervare ruiters welkom.
19:00 – Aandgodsdiens, lees van die Gelofte. Daarna word daar gesellig saam gebraai en gekuier. Braaipakke en koeldrank te koop, pap en sous word voorsien. Bring jou eie kampstoel en eetgerei.
• Woensdag, 15 Desember:
08:30 – Perdekommando saal op.
09:15 – Perdekommando ontmoet sprekers. Vlaghysing, openingsgebed, gewyde sang. Aflees van Gelofte, sterftelys, saluutskote. Feesrede deur Chris Lotter en diens deur ds. Ferdie Devenier.
Middagete: Vure, pap en sous word voorsien. Braaipakkies en koeldrank te koop. Bring jou eie kampstoel en eetgerei. Navrae Flip van der Merwe 082 388 3055 of Wim de Beer 079 515 7814.
Witkerk Geloftefees
Omdat daar net 250 mense in die Witkerk toegelaat mag word weens Covid-19 regulasies, is daar ander planne gemaak en vier opsies oor hoe om deel van Geloftefees vieringe te wees:
1. Geloftediens in die Witkerk deur ds. Anton Kemp om 08:00. Net 250 mense toegelaat.
2. Gaan kyk die Witkerk se Geloftediens van 08:00 op YouTube by https://youtu.be/6stuAYFjFdQ
3. Geloftediens in Hervormde Kerk om 08:00 deur ds. Louis Steyn.
4. Ds. Steyn se diens word deur ’n sender herlei en kan op u motorradio in die parkeerarea van die Hervormde Kerk geluister word. Die frekwensie sal 16 Desember by die hek beskikbaar wees. Navrae Jonathan Haarhof by 071 473 0908.
Belfast Geloftefees:
• 16 Desember: 09:30 by Belfast Geloftefeesterrein.
Elandsfontein Geloftefees (Machadodorp)
• Dinsdag, 15 Desember:
12:00 – Boeresport
13:00 – Middagete
14:00 – Perdesport
17:00 – Aandete
18:30 – Verskeidenheidskonsert en samesang
• Woensdag, 16 Desember:
05:00 – Oggendsaluut
06:00 – Biduur en samesang
07:30 – Perdekommando saal op
08:00 – Perdekommando vertrek
09:00 – Vlaghysing en verwelkoming van spreker
10:00 – Geloftediens deur Slabbert le Cornu
11:30 – Feesrede en kindertent
13:00 – Middagete. Braaipakke, pannekoek en koeldrank te koop. Pap, sous, slaai en poeding word voorsien. Navrae Izak Davies 083 701 2243
