News

Koperdiewe steel ingevoerde koperkabel van R80 000

Koperdiewe het Vrydag in die vroeë oggendure by Mokse Engineering in die industriële gebied in Slegtkampstraat (Middelburg) ingebreek en skade van by die R100 000 aangerig.

Volgens me. Shaelyn Hubbal (bestuurder) het die diewe tussen 04:00-05:00 vanoggend ingebreek en ingevoerde koperkabels, ter waarde van R80 000 gesteel.

Daar is ook groot skade aangerig by die kaste van die kabels.

Met kaste en slotte wat oopgebreek is en twee groot kragopwekker batterye wat gesteel is daarby, skat hulle die omvang van die skade op sowat R100 000.

• Na die inbraak, het die personeel in die veld parallel met Slegtkampstraat gaan stap en sakke vol plastiek omhulsels wat gewoonlik om koperkabels gevind word, in die veld gekry.

Van die kabels wat afgesny is vir die koper.

Dit is ’n aanduiding dat hulle by talle ander besighede of huise ook koper gesteel en sommer net daar in die veld na inbrake die omhulsel van die koper afgehaal het.

• Hulle bedank graag die sekuriteitsoffisiere van Hawk Sekuriteit en lede van die Gemeenskapspolisiëringsforum vir hul hulp.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button