News
Trok val in gat
’n Afleweringstrok is in sy spore gestuit toe hy in reënerige weer in ’n gat in die pad vasgeval het.
Ooggetuies sê dat die voorval Saterdagmiddag gebeur het op die hoek van Limpopo- en Maricostraat, dieselfde plek waar die munisipaliteit vroeër aan ’n gebarsde pyp gewerk het.
Daar was egter geen waarskuwingslinte om aankomende verkeer te waarsku dat daar ’n gat in die pad is nie.

’n Blue Ribbon broodtrok se linkervoorwiel het in die gat vasgeval. Die trok is later deur ’n insleepvoertuig uit die gat getrek.
Inwoners sê dat daar na die voorval skielik waarskuwingslinte om die gat gespan is.
• Die Steve Tshwete Munisipaliteit het nie voor druktyd op media navrae geantwoord nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
