News

Doen polisie hul werk om mishandelde vroue te help?

Doen polisielede werklik hul werk om die slagoffers van mishandeling by te staan?

Kokkie Smit het vertel van ’n vrou wat polisie toe gegaan het om aan te meld hoe sy mishandel word, “maar hulle het net vir haar gelag. Toe sy self polisiestasie toe ry om hulp te vra, het hulle gesê hulle het nie ’n voertuig beskikbaar om uit te gaan nie!”

Hy weet ook van ’n geval waar ’n speurder nie opgetree het in ’n beskermingsbevel nie en die saak teen die beskuldigde net doodgeloop het. Weereens het die mishandeling voortgegaan.

In sy reeks wat hy grond op 2 Samuel 13 waar Tamar verkrag word deur haar broer, is dit duidelik dat Tamar deur almal in die steek gelaat word. Selfs haar pa, Dawid, die koning, wat die mag het om alles te verander, maar hy doen dit nie.

Dit is presies wat sommige polisielede doen. Hulle het die mag om vroue in hul nood te help, maar hulle doen dit nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button