Geen reaksie op R10 000 beloning
Nie eers ’n beloning van R10 000 was genoeg aansporing vir iemand om navore te kom met inligting oor gesteelde sleepwaens nie.
Ds. Ferdie Devenier het ongeveer R35 000 se skade gelei nadat diewe sy hek oopgebreek het en twee sleepwaens gesteel het van sy erf in Lobeliastraat, Kanonkop.
Daar was die selfde aand, ’n paar blokke verder in Hibuscusstraat ook bande gesteel.
Ds. Devenier het ’n beloning aangebied van R10 000, uit die hoop dat iemand moontlik inligting gehad het oor die diefstal.
Hy het laat weet dat sy aanbod nog geen reaksie ontvang het nie.

Die diewe het weggekom met sy skoonma se Karet sleepwa, met ’n bakverlenging en sy eie sleepwa wat hy onlangs gekoop het wat nog nie verseker was nie.
Enige iemand met inligting oor die gesteelde sleepwaens kan Ds. Devenier skakel by 083 458 7459.
