News

‘Stuur jy die slagoffer van mishandeling weg?’

“Die kerke en gemeenskap is net so skuldig. Daar is predikante wat nie wil aanvaar dat die man wat in ’n leiersposisie in sy kerk is, sy vrou kan mishandel nie en laat die leraar die slagoffer in die steek. Hy stuur haar weg met die woorde: ‘ek sal vir jou bid.”

Die woorde van Kokkie Smit wat voel dat kerke nie genoeg doen om die mishandeling van vroue te help bekamp nie.

Mense in die gemeenskap kan ook nie hul hande in onskuld was nie.

“Onthou julle die geval van die vyftienjarige seun wat sy ma met die vuis geslaan het? Almal wil hom regsien, maar het jy dalk al daaraan gedink dat hy dit by sy pa geleer het? Die pa wat sy ma mishandel het. Dan is jy dieselfde as sy pa as jy met aggressie reageer. Wees eerder sy rolmodel. Stel ’n voorbeeld. Bied aan om te help. Wees die Pa-figuur waarna hy kan opsien.”

Hy voel kerke én die gemeenskap moet hierdie vroue en kinders nie in die steek laat nie, maar hande vat om mishandelde vroue en kinders by te staan sodat hulle kan opstaan om die wêreld weer in die oë te kan kyk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button