Taksidermis skielik oorlede
Piet Bruwer (56), taksidermis van PRB Taxidermy, is Woensdagoggend aan hartversaking oorlede.
Hy en sy vrou, Ronel, het nog Vrydag kliënte gehelp en die besigheid vir die vakansie gesluit. Hy het Saterdagaand siek geword en het sy hom na die Life Midmed Hospitaal geneem, waar hy gestabiliseer en oorgeplaas is na die Middelburg Hospitaal.
Me. Bruwer sê hy het Dinsdagaand begin beter voel, “maar het sy hart net Woensdagoggend gaan staan.”
Die egpaar was 37 jaar saam.
• Die begrafnis is op 28 Desember om 11:00 uit die PPK Lofdal gemeente.
• Omdat daar weens die Covid-19 pandemie net ’n sekere hoeveelheid mense die begrafnis mag bywoon, moet persone wat wil gaan vooraf vir Hazel bel by 076 253 5672 (met ID nommer en kontakbesonderhede).
• Me. Bruwer sê sy gaan voort met die besigheid en sal hul deure weer op 12 Januarie 2021 oop wees.
