News
Motorfietsryer sterf in ongeluk op Stoffbergpad
’n Motorfietsryer is opslag dood in ’n ongeluk op die Stoffbergpad vanmiddag (19 Desember) omstreeks 17:00. Die ongeluk het sowat nege kilometer buite Middelburg naby die afdraai van die Middelburg Honde-eenheid plaasgevind. Die motorfiets, wat in die rigting van Middelburg gery het, het gebots met ’n VW Polo wat in Stoffberg se rigting gery het. …
’n Motorfietsryer is opslag dood in ’n ongeluk op die Stoffbergpad vanmiddag (19 Desember) omstreeks 17:00.
Die ongeluk het sowat nege kilometer buite Middelburg naby die afdraai van die Middelburg Honde-eenheid plaasgevind.
Die motorfiets, wat in die rigting van Middelburg gery het, het gebots met ’n VW Polo wat in Stoffberg se rigting gery het. Verkeer was vir meer as ’n uur ontwrig, maar is die toneel intussen opgeruim en die pad oop vir verkeer.

- Die motorfietsryer se naam mag nog nie bekend gemaak word nie, omdat hy nog nie uitgeken is nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
