Van Daller tot meesterskandidaat
Merize Beukes se uitnemende akademiese prestasies dien as inspirasie vir huidige en toekomstige Groblersdallers.
Merize Beukes, ’n oudleerder van Hoërskool Ben Viljoen (klas van 2021), het ’n besondere akademiese mylpaal bereik.
Merize het haar Baccalaureus in Gesondheidswetenskappe en Honneursgraad in Sielkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU-Pukke) verwerf.
Haar sukses stop egter nie daar nie. Sy is een van slegs vier studente wat gekeur is om voort te gaan met ’n meestersgraad in Gesondheidswetenskap in Voorligtingsielkunde. Hierdie prestasie word as ’n besondere eer beskou en dien as bewys van haar akademiese uitnemendheid en groot potensiaal binne die veld van sielkunde.
Haar alma mater is uiters trots op Merize se prestasies. Sy dien as inspirasie vir huidige en toekomstige Dallers om hul drome na te jaag en na uitnemendheid te streef.
Met haar vasberadenheid en talent is daar min twyfel dat Merize nog groot hoogtes sal bereik.
