News

Tweede slagoffer van ontploffing by myn geïdentifiseer

Die ander slagoffer wat gister gesterf het in die ontploffing by die ou Polmaise myn (Kego Resources) is geïdentifiseer.

Hy is Jandré Janse van Rensburg (22), ‘n inwoner van eMalahleni.

Die jong seun se pa, Jan Janse van Rensburg, het vandag bevestig dat sy seun as elektrisiën by Kego Resources gewerk het.

Die gesinne van die twee slagoffers het vandag ‘n besoek afgelê aan die patologiese dienste in Middelburg, waar bloed getrek is vir DNS toetse om die twee seuns formeel te identifiseer.

Lees ook: DMR to investigate Polmaise explosion

Mnr. Janse van Rensburg het vertel dat Jandré in eMalahleni grootgeword het. Hy was ‘n oudleerder by die HTS Witbank, waarna hy sy ambagskap by Samancor begin het.

Jandré is beskryf as ‘n seun wie sy hemp sou uittrek vir ander, en altyd finansieël gehelp het waar hy kon. Sy ma, Rentia het hom beskryf as haar engelkind en dat hy haar lewe opgekikker het. Hy het altyd almal gehelp en nooit ‘n slegte woord van iemand tesê gehad nie.

Lees ook: Son of police officer killed in explosion

Jandré was ook in ‘n ernstige verhouding met Lauren Whittaker, en wou aanstaande jaar verloof geraak het.

Mnr. Janse van Rensburg meld dat hulle nog nie begrafnisreëlings kan tref tot hulle die DNS uitslae teruggekry het nie.

Jandré word oorleef deur sy pa Jan, ma Rentia, broer Johan, en ander familielede.

*Die ander slagoffer is Brandon Jarvis, seun van die bekende Middelburg polisieman, Robert Jarvis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button