News

Middelburgdam gesluit vir publiek weens Covid-19

Dagbesoekers word reeds op strepe sedert vanmore by die dam weg gewys, waar net 100 besoekers tot nou toe toegelaat is, insluitende betaalde kampeerders.

Die munisipaliteit het besluit om die Middelburgdam te sluit vir die publiek.

Dagbesoekers is sedert vanmore op strepe by die dam weg gewys, waar net 100 besoekers tot nou toe toegelaat is, insluitende betaalde kampeerders.

Kampeerders het egter ook nou kennisgewing gekry dat hulle teen 10:00 more, 31 Desember, die dam moet verlaat.

Die sluiting is volgens die munisipaliteit ‘n voorkomingsmaatreël om die verdere verspreiding van Covid-19 in Middelburg hok te slaan.

Life Midmed het vandag bevestig dat die hospitaal steier onder druk weens stygende Covid-19 infeksies.

Die munisipaliteit eggo die hospitaal se sentimente met die versoek dat Middelburgers tuis bly, en streng by inperkingsregulasies hou.

Die swembad by Kees Taljaard Stadion is ook toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button