Ontevredenheid oor vlak-3 beperking van besoekerstalle by Middelburgdam
Teen 09:00 vandag is talle besoekers reeds weg gewys.
Dagbesoekers word op strepe weg gewys by Middelburgdam, waar slegs 100 gaste toegelaat word, wat betaalde kampeerders insluit.
Klagtes dat betaalde kampeerders ook gevra is om op te pak, word deur die munisipaliteit ontken.
Teen 09:00 vandag is talle besoekers reeds weg gewys.
Die beperking van getalle by die dam word streng geimplimenteer sedert President Cyril Ramaphosa Maandagaand vlak-3 inperkingsmaatreels aangekondig het om die tweede, meer ernstige vlaag Covid-19 infeksies, te beperk.
Kampeerders soos Adeon Anderson, wat sedert Sondag by die dam uitspan, vertel dat mense in hul hordes weg gewys word.
“Ons is almal in kennis gestel dat slegs 100 persone op enige slag by die dam mag wees”.
Mnr. Anderson het Maandag terwyl besoekers nog toegelaat is, die berugte eenoog karp uit die water getrek.
Dagbesoekers word vir eers gevra om alternatiewe hengelplekke te besoek, waar inperkingmaatreels ook geld.
