GRAFIESE INHOUD: Voormalige liggaamsboukampioen terug in hospitaal, wurms peul by wond uit
Mnr. Gunter is op 23 Desember uit die Middelburg Hospitaal ontslaan waar hy aangesterk het nadat die been in eMalahleni geamputeer is.

Die voormalige liggaaamsboukampioen, Broer Gunter wat jarelank sy eie gimnasium in Springboklaan bedryf het, is vandag weer in die hospitaal opgeneem weens ‘n ernstige infeksie in sy linkerbeen, nadat die been op 8 Desember by die knie geamputeer is.

Mnr. Gunter is op 23 Desember uit die Middelburg Hospitaal ontslaan waar hy aangesterk het nadat die been in eMalahleni geamputeer is.
Hy is vandag per ambulans terug geneem hospitaal toe nadat wurms by die oop amputasiewond begin uitpeul het.
Hy het ook ernstige bedsere wat hy in in die hospitaal opgedoen het omdat hospitaalpersoneel versuim het om hom gereeld te draai. Hyself was so verswak dat hy nie self in die bed kon draai nie.
‘
‘n Privaat suster het tot nou toe gehelp om die bedsere te behandel, hoewel die infeksie in sy been so vererger het, dat spesialis mediese sorg benodig word om gangreen te verhoed.
Sedert sy ontslag uit die hospitaal, het die krammetjies wat die wond verbind, uitgeskeur.
Wurms was duidelik sigbaar in die gapende wond tydens ‘n vlugtige besoek deur www.mobserver.co.za vandag, waarna ambulansdienste onmiddellik ontbied is.
Mnr. Gunter was deurmekaar en onsamehangend.
“Totsiens, ek gaan julle nie weer sien nie,” was al wat hy kon uitkry voordat hy weer weg gesluimer het.
Mnr. Gunter het ook ernstige hartprobleme.
