Broer Gunter oorlede een dag na opname in hospitaal
Hy het gister, kort voordat die ambulans hom tuis gaan haal het, aan www.mobserver.co.za vertel dat hy nie lewend uit die hospitaal gaan kom nie.

Die bekende voormalige liggaamsboukampioen, Broer Gunter, is ‘n rukkie terug oorlede, net ‘n dag na sy opname in die Middelburg Hospitaal weens ‘n ernstige infeksie in sy geamputeerde linkerbeen.
Mnr. Gunter is gister opgeneem nadat sy vrou Annemarie wurms in die amputasiewond opgemerk het.
Sy been is op 8 Desember in eMalahleni geamputeer waarna mnr. Gunter op 23 Desember ontslaan is.
Hy het gister, kort voordat die ambulans hom tuis gaan haal het, aan www.mobserver.co.za vertel dat hy nie lewend uit die hospitaal gaan kom nie.
Hy het gegroet en www.mobserver.co.za bedank vir alles wat die Middelburg Observer oor die jare vir hom gedoen het.
Die koerant het gereeld oor sy liggaamsbou suksesse berig.
Hy het jarelank Broer’s Gimnasium van sy huis in Springboklaan bedryf.
Roseleigh Begrafnisdienste het ingestem om die gesin behulpsaam te wees omdat mnr. Gunter nie ‘n begrafnispolis gehad het nie.
Hy het voor sy afsterwe net oor die weg gekom met ‘n staatspensioen.
Naas die beeninfeksie het hy ook ersntige bedsere gehad wat hy in die hospitaal opgedoen het.
Mnr. Gunter het ook jarelank met sy hart gesukkel.
Annemarie het die nuus aan www,mobserver.co.za bevestig.
