Dorp neem afskeid van Piet de Vos
Die gesin waardeer ook elke boodskap van onderskraging uit die gemeenskap.

Die dorp rou saam met die bekende De Vos gesin na die afsterwe van Piet de Vos (35) Maandag.
Mnr. De Vos was welbekend op die dorp se stoeikringe.
Beide hy en sy broer Carlo was stoeiekampioene wat ook provinsiale kleure op die mat verwerf het.
Beide De Vos broers het later ook hul nasionale kleure in binnenshuise krieket gekry. Piet, wat op Mogenzon Lanbou Skool gematrikuleer het, het ook nasionale kleure vir landbouskou ingepalm.
• Die gesin bedank dr. Zelda Henning, dr. Corlea van Straaten, Life Midmed personeel, ER24 en in besonder Barend Labuschagne, OH Frewin Drukkers, profeet Dries Venter en Dries Venter Jnr. vir hul ondersteuning. ’n Spesiale woord van dank word gerig aan mnr. Ettiene Fouche van Grind Right Engineering vir die bystand oor die afgelope maande. Die gesin waardeer ook elke boodskap van onderskraging uit die gemeenskap. Mnr. De Vos laat sy ouers Piet en Gerda, broers Carlo en CJ, suster Natasia, en sy seuntjie Logan agter.
• ’n Begrafnisdiens vind Vrydag, 8 Januarie, vanuit die Ou Apostoliese Gemeente Middelburg Sentraal plaas. Slegs genooide gaste sal by die begrafnis toegelaat word. Die diens word egter op Zoom uitgesaai op die volgende skakel: https://us02web.zoom.us/j/81234834699?pwd=ZFV2QitFNWUvYmhYNjZPcGkza2ZYdz09. Die diens-identifikasienommer is 812 3483 4699 en die intekenkode 572934.
